Gevorderde Jaar Kursus
Kursusinhoud Module 1-7:
•
Module 1: Om groen te leef as Christen
•
Module 2: Seksualiteit en gender
•
Module 3: Leierskap en bestuur van verandering
•
Module 4: ‘n Bebedsreis en om stil te word
•
Module 5: Die 14 verskillende intelligensies
•
Module 6: Gesag en dissipline
•
Module 7: Depressie en post-traumatiese stress
Moontlike spesialisvelde Module 8:
•
Hospitaal en siekebediening
•
Trauma en krisisintervensie
•
Berading, begeleiding en opleiding tov huwelike, egskeiding, tieners ens
•
Missionale netwerke en uitreike asook die stigting van nuwe
geloofsgemeenskappe
•
Jeugwerk in gemeentes, skole, statutêre instellings ens
Status van kursus: Sertifikaat:
Geakkrediteer deur Excelsus Sentrum vir Bedieningsontwikkeling van die Teologiese
Fakulteit by die Universiteit van Pretoria, 150 VBO punte en 20 CPSC/CPD punte
geëvalueer en toegeken/geregistreer deur CPSC, "Council for Pastoral and Spiritual
Counsellors.
Die kursus is bekendgestel oor RSG, Pretoria FM, Radio Kansel, in die Kerkbode,
Juig, Rekord en LIG, asook deur ‘n artikel in die Kerkbode deur die redakteur, Neels
Jackson
Werkswyse:
Die kursus duur 1 jaar en word afgehandel as:
•
twee van die verpligte werkswinkels
bygewoon is;
•
vier opdragte uit Module 1-7 soos
ooreengekom suksesvol voltooi en
afgehandel is
•
’n mini-skripsie van 60 bladsye ingelewer is
en die 30 ure praktiese werk onder die
leiding van ‘n goedgekeurde supervisor
afgehandel en haar/sy evalueringsverslag
ingedien is by die kursusleiers (sperdatum:
31 Maart 2024)
Werkswinkels:
Agt werkswinkels/kontaksessies (2 in Pretoria, UP, 2
in George (indien meer as 5 studente), 2 in
Bloemfontein, UV (indien meer as 5 studente) en 2
in Stellenbosch, US)
Registrasie:
Voor of tot 31 Januarie 2024 vir die groep studente
vir 2024
Kliek hier om te registreer
Koste:
Die paar voorgeskrewe handboeke en
studiemateriaal word deur die student aangekoop.
Begroot min of meer vir so R800 daarvoor. Dit is nie
ingesluit by die kursusfooie nie.
Die kursus fooie beloop: Deposito 31 Januarie 2024
R3000; 30 Junie 2024: Die res R2000: Totale
kursusfooi: R5000 plus R 800 vir voorgeskrewe
handboeke en studiemateriaal (beurse/borge
beskikbaar)
Alfa Pastorale Praktyk
Waarderende terugvoer van studente:
Fredi van der Merwe - Jong enkel ouer en maatskaplikewerker in Oos Kaap
Ja, wat 'n ongelooflike ondervinding was hierdie reis nie. Dit het my stoutste
verwagtings oortref. Maar wat verwag 'n mens anders met sulke uitstekende
leermeesters. Dit was en is 'n wonderlike voorreg om julle te kon leer ken en julle
brein te pik.
Watter wonderlike wete dat God vir my, hierdie piepklein wesentjie op hierdie groot
heelal raaksien en besluit het om my te gebruik om 'n klein deeltije van die mense se
pyn en leed te probeer verlig. Ek gaan oor 'n paar weke vir opleiding om kinders voor
te berei en by te staan tydens hulle hofsake. Julle het my dus beslis gehelp om te
ontdek dat ek beslis nog nie oor die muur is nie, ek klim nog steeds en skop met my
hakskoene hengse duike in die emmer.
Dankie dat julle so in my glo en julle aanmoediging het die wêreld se verskil gemaak
aan my selfvertroue en ek het ook baie van die redes vir my verkeerde keuses ontdek
en hoop maar dat ek nie in n oomblik van dwaasheid weer sulke sotlike keuses sal
maak nie.
Baie sterkte met hierdie wonderlike verrykingskursus waarmee julle ander mense
bekwaam om iets te doen wat hulle in hul wildste drome nooit sou gedink het moontlik
sou wees nie